Columbië weermag dood rebelle leier

Een van die sleutel figure in die Suid-Amerikaanse staat Columbië, en leiersfiguur in die Nasionale Bevrydings Weermag rebellegroep, is deur die land se militêre mag doodgeskiet.

Columbie spandeer maandeliks meer as $1 miljoen aan die bestryding van die aktiwiteite van die guerrillamag wat steeds poog om die beheer oor te neem in die land se regering.

Die Columbiaanse Lugmag het in ’n beplande aanval, die rebellemag se mees gesoekte leier gedood en daarmee waarskynlik ’n leiers krisis onder die guerrillamag se lede veroorsaak.

Die Minister van Verdediging, Carlos Holmes Trujillo, het die naweek besonderhede vrygestel oor die Lugmag se aandeel in die suksesvolle aanval op die rebellemag se basis.

Die rebellemag se slaankrag het oor die afgelope jaar drasties gedaal, en die eens magtige rebellegroep beskik tans oor nie meer as 2,000 lede nie, en het nou ook sy sterkste leier verloor.