Chaos in ANC kabinet

Dlamini-Zuma

Daar heers chaos in die ANC-regering se geledere. Dlamini-Zuma se geskeduleerde aankondigings word met re]ëlmaat uitgestel sonder verduideliking. Die Gesondheid minister kondig aan dat Covid sentrums met hoë aanmeldings gevalle op Vlak 4 sou bly.  Dit sou beteken dat metropole soos Gauteng en Kaapstad op vlak 4 sou bly – dit is nie in Ramaposa se “nasie adres” genoem nie.  Aankondigings deur die Nasionale Instituut van Oordraagbare Siektes se inligtingsessie is Woensdag 27 Mei 2020 ook “uitgestel”.  Dit blyk dat die regering nie oop kaarte speel met die publiek oor die ware toedrag van sake nie.  Ramaphosa het sewe keer die “nasie” toegespreek sedert die grendel- sluiting maar het nie een pers konferensie toegespreek waar hy sake kon verduidelik en vrae kon antwoord nie .  Hy kon dus nie ondervra word of gevra word om dinge te verduidelik nie. Dus is daar geen werklike kommunikasie van die regering en hul president se kant om die publiek werklik in te lig oor die toedrag van sake nie. Ministers en president weerspreek mekaar daagliks en die publiek is in die duister.

Dr Sakkie van der Merwe