Cele oortree inperking maatreël

Minister Bheki Cele, die man wat die sweep klap by die Departement Justisie het nou self in ’n slagyster beland met sy ignoreer van die inperking regulasies.

Cele het verskeie kere gewaarsku dat sy polisie enige iemand wat die inperking maatreëls verontagsaam, sal arresteer en selfs agter tralies sal sit tesame met ’n boete.

Nou word die ANC minister daarvan beskuldig dat hy die woning van die Minister van Hoer Onderwys, besoek het.

Minister Cele het die beskuldigings ontken en gesê hy het gereageer op ’n wenk dat misdaad by die onbewoonde huis plaasvind.

Mense van die omgewing sê egter die minister het duidelik nie ’n amptelike besoek aan die huis gebring nie, wat die sosiale netwerk aan die gons gesit het en mense vra dat hy onverwyld vervolg moet word.