Byna groot probleme vir Sjina

Op 5 Mei het Sjina ’n vuurpyl lanseer as ’n toets van sy enkel-stadium “Long March 5B” wat byna gelei het tot ’n derde wêreldoorlog.

Die afvalstukke van die reuse vuurpyl het teruggeval in die aarde se atmosfeer, en byna in die Amerikaanse stad New York geval.

Alhoewel die afvalstukke veronderstel is om uit te brand wanneer dit in die aarde se atmosfeer kom, het van die stukke oorleef en naelskraap verby New York getrek.

Van die stukke wat nie uitgebrand het nie, het verby gevlieg en in Wes-Afrika beland volgens die gesaghebbende “Ars Technica” tegnologie publikasie.

Sjina se “Xinhua News Agency” het die meegaande foto vrygestel van die lansering wat uit die provinsie Hainan gedoen is, en wat volgens meningsvormers kon lei tot ’n volgende wêreldoorlog.

Die mening is uitgespreek dat sou die afvalstukke wel New York tref, kan dit die laaste strooi wees om die bestaande spanning tussen Amerika en Sjina tot breekpunt te neem.