Brasilië se weermag beskerm reënwoude

Brasilië se President Jair Bolsonaro het goedkeuring gegee dat die land se weermag ontplooi word om die Amasone reënwoude te beskerm teen bosbrande.

Hy het verlede jaar ook die woude beskerm deur weermaglede aan te wend om te voorkom dat bosbrande die woude vernietig.

Onwettige mynbedrywighede in die reënwoude het verskeie kere gelei tot ongekende groot bosbrande wat vir weke voortgewoed het, en waarvoor die regering geblameer is dat nie voldoende maatreëls getref word om die lewensbelangrike woude teen vernietiging te beskerm nie.

Onwettige boom sloping en pogings om met boerderye aldaar te begin, het een van Brasilië se grootste uitdagings geword wat voorkom moet word.

President Bolsonaro het goedgekeur dat 3,899 troepe ontplooi word om die onwettige aktiwiteite te stop en ’n wakende oog te hou dat bosbrande nie ontstaan nie.