Brasilië keur malaria middel goed

Die nasionalistiese president van Brasilië, President Jair Bolsonaro, het soveel druk op die Minister van Gesondheid geplaas dat hy bedank het omdat hy nie bereid is om die malaria pille goed te keur vir bestryding van die koronavirus nie.

’n Week nadat die tweede Minister van Gesondheid aangestel is, het hy om dieselfde rede bedank omdat die middel, hydroxychloroquine, nie geregistreer is om te gebruik teem die aansteeklike virus nie.

’n Derde Minister van Gesondheid het egter nou die groen lig gegee dat die pille gebruik kan word in die behandeling van pasiënte met COVID-19 infeksie.

Die goedkeuring volg te midde van ernstige waarskuwings dat die gebruik van die pille wat vir malaria pasiënte bedoel is, ernstige nagevolge kan veroorsaak by pasiënte met koronavirus infeksie.

President Bolsonaro het aangekondig dat die tydelike Minister van Gesondheid,  Eduardo Pazuello, saam met die weermag se aktiewe generaal, die nuwe protokol dokumente sal onderteken.