Brandstof word duurder

Die prys van petrol sal na verwagting in Junie styg met sowat R0-50 per liter terwyl diesel onveranderd sal bly.

Die AA het motoriste gewaarsku dt brandstof geleidelik duurder sal word namate die wêreld op ekonomiese gebied terugkeer na normaal, en die vraag na olie en brandstof begin styg.

In Suid-Afrika het die verkope van brandstof drasties gedaal sedert die inperkings van krag geword het, maar met die aankondiging dat Fase 4 in werking gestel is, het die situasie verander.

Die vooruitsig dat die regering voor einde Mei na Fase 3 wil oorskakel, sal die vraag na brandstof byna terugbring na sy normale verkoop vlak.

Ekonomiese deskundiges wys daarop dat die prys waarskynlik skerper gaan styg na Junie as die Rand se swak posisie behou, en kan die volgende styging van R1.20 per liter nie vêrgesog wees nie.