Boris Johnson wil maatreëls verslap

Die Verenigde Koninkryk se Eerste Minister, Boris Johnson, het die naweek in ’n TV program gesê die tyd breek aan dat die werkers wat nie vanaf hulle woonplekke kan werk nie, moet terugkeer na die werkplek.

Hy het gesê dat winkels en skole vanaf 1 Junie heropen kan word, maar sy Konserwatiewe Party regering is gekritiseer en sê die verslapping is te veel, te gou.

Johnson sê die maatreëls wat in Maart vanjaar ingestel is om die verspreiding van Covid-19 voorkom het dat ’n halfmiljoen mense daaraan gesterf het in die land.

Sy regering het die moeilike besluit geneem om die maatreëls geleidelik te verslap en bygevoeg dat weë gesoek word oor hoe die verligting gedoen moet word in die komende weke.

Johnson het ook daarop gewys dat die hospitale op die vroegste in Julie heropen kan word vir die inneem van pasiënte met ander siekte toestande.