Beheer klerewinkels die minister?

Ebrahim Patel

Dit lyk of die kleinhandel klerasie bedryf voorskriftelik is aan die ANC se minister Patel wat intussen die spot geword het op die sosiale netwerk.

Maar nou word gesê die spotters behoort nie met Patel die spot te dryf noor sy lys moets en moenies in die klerebedryf nie, want dit is die kleinhandel winkels wat sulke idees aan hom voorgelê het.

Die “Nasionale Kleinhandel Klere Federasie van SA” se uitvoerende direkteur Michael Lawrence, het opgemerk dat Fase 4 van die inperkings maatreëls was nooit bedoel om vir altyd van krag te bly nie.

Die lang lys van sogenaamde “winterklere” wat ondermeer sekere kortmou hempies insluit, het die sosiale netwerk aan die gons laat raak oor die verspottigheid.

Handel en Nywerheid se minister, Ebrahim Patel se lys van winterklere is glo saamgestel uit statistieke wat oor jare opgebou is van wat onder die winterklere sorteer.

Waarnemers sê dit is dus duidelik dat die kleinhandel saam met Patel is in die verspotte reëling om slegs “winterklere” se verkope toe te laat terwyl dit geen verskil sal maak aan die verspreiding van die virus as klere in klerewinkels te koop aangebied word nie.