Bedenkinge oor werklike infeksie getalle

Te veel fout gevalle van toetse word nou bekend gemaak wat die strategie van die regime onder verdenking bring, en twyfel laat oor hoe goed die toetse gedoen word by mense.

Die toets van mense vir die koronavirus besmetting word nou op 15,000 gestel wat daagliks afgehandel word, maar ingeligte bronne beweer dat die toetse nie noodwendig volgens vereistes gedoen word nie.

Die toetse wat in die Wes-Kaap gedoen word, blyk een van die knelpunte te wees, wat verklaar waarom die provinsie meer as 60% van alle gevalle van infeksie het wat in SA aangemeld is.

Ernstige klagtes word ook ontvang van mense wat beweer dat dit soveel as 14 dae neem voordat die uitslag deurgegee word, en in menige gevalle is baie ander mense intussen aangesteek van die COVID-19 virus.

Met die verwagting dat die grootste deel van die land binnekort oorskakel na Fase 3, bestaan daar ernstige kommer oor die korrektheid van die inligting, asook hoe deeglik die toetse uitgevoer word.