Baie bejaarde dame oorwin virus

’n Spaanse dame, met 113 somers agter die rug, en die oudste persoon in haar land, het die koronavirus infeksie opgedoen en dit nogtans oorleef.

Die verpleegpersoneel het gister gesê die dame doen goed en sê Maria Branyas was aanvanklik geskok omdat sy in isolasie moes gaan, maar het wonderbaarlik herstel.

Gesondheidswerkers se tante Maria het wonderbaarlik herstel en haar dogter Rosa was verheug om te sien haar bejaarde moeder het volkome herstel terwyl sy in isolasie gehou is.

Sy wou graag gesels nadat sy vir weke in afsondering moes leed wat haar geweldig gefrustreer het, maar is dankbaar vir die goeie behandeling wat sy kon kry van die personeel.

“ Sy voel gesond, het ’n virus toets gedoen, en is negatief gevind”, het Rosa aan die media rapporteer.

Twee ander dames, een van 101 jaar en ’n ander van 107 jaar, het ook infeksie opgedoen, en beide het herstel en verkeer tans in goeie gesondheid.