Afrika vergader met WGO oor kruie

Kort nadat die president van Madagaskar, Andry Rajoelina, in ’n TV program gesê het dat die Madagaskar kruie wat slegs daar te vinde is, en twee mense gesond gemaak het van die koronavirus infeksie, het Afrika gejubel en bestellings begin plaas.

Sommige lande het afvaardigings na Madagaskar gestuur wat hulle eerste bestellings moes afhaal sodat die pandemie beëindig kan word wat die wereld se mensdom van ondergang bedreig.

Die Wereld Gesondheid Organisasie (WGO) het ernstig gewaarsku dat geen behoorlike navorsing oor die kruie se medisinale vermoë gedoen is nie en moet gevolglik eers getoets word.

Die Madagaskar “kruie geneesmiddel” nou bekend as COVID-Organies, het Afrikalande so entoesiasties dat 70 “tradisionele medisyne deskundiges” afgevaardig is na die WGO om te onderhandel oor die “wondermiddel”.

Die WGO het egter sy vorige verklaring herhaal dat daar eers voldoende wetenskaplike toetse gedoen moet word met die middel voordat die produk enige erkenning sal kan verwerf vir sy medisinale waarde.