Wetenskaplikes ontdek massiewe ontploffing

Wetenskaplikes het die grootste ontploffing wat in die ruimte plaasgevind het ontdek en sê dit was tien keer hewiger as die grootste ontploffing wat tot nog toe in die ruimte waargeneem is.

Die ontploffing is klaarblyklik gelykstaande is van twee massiewe sterre wat bots en ’n helderheid van 500 keer sterker as ’n groot ontploffing in die ruimte, word beskou as die grootste van alle tye wat deur wetenskaplikes waargeneem is.

Die wetenskaplikes meer die uitermatige helder lig is veroorsaak deur die ongewone hoë inhoud waterstof teenwoordig.

Die deskundiges reken dat die fenomenale ontploffing slegs in die teorie kan plaasvind en het nog nooit voorheen gebeur in die tyd wat die ruimte bestudeer is nie.

Die span wetenskaplikes wat onder leiding van die Universiteit van Birmingham in Brittanje die waarneming gedoen het, het die massiewe ontploffing vir twee jaar lank waargeneem en het die bevindinge nou op skrif gestel.