Wat maak die regering met SAL

Die regering is hopelik met ’n eerbare reddingsdaad besig, want vir die algemene publiek is daar nou rooi ligte wat brand.

Watter waarborg is daar dat die regering s miljarde Rand wat vir die virus-pandemie bedoel is, nie in die vrot gate van SAL gaan beland nie, en media berigte lui dat die ANC regering nie gaan opgee om die bankrot redery staande te hou nie.

Vir ons wat nou al gewoond geraak het aan die onregmatige aanwending van geld deur die regering en sy vennote, is dit vanselfsprekend dat ons verwag dat van daardie R500 miljard waarvan die president praat, stilweg aangewend word om SAL weer uit sy gemors te red.

Dit laat mens wonder….. en dalk kry bankrot Eskom ook ’n paar miljard, want munisipaliteite, wat veronderstel is om alle dienste te lewer, nou ook gehelp gaan word.

Nee, ek ruik ’n dooie rot!

Jan de Beer