VSA: Sosialis Saunders gooi handdoek in

Joe Biden

Die selfverklaarde sosialis, senator Bernie Saunders, het as presidentskandidaat die handdoek ingegooi nadat hy keer op keer teen Joe Biden die onderspit gedelf het.

Saunders moes ook teen Hillary Clinton die handdoek ingooi tydens die vorige verkiesing, en hierdie keer het hy sy laaste moontlike geleentheid om president te word, met ’n verpletterend nederlaag verbeur.

Joe Biden sal dus die Demokratiese Party se presidentskandidaat wees wat in die presidentsverkiesing teen President Donald Trump te staan kom.

Biden was die visepresident van Amerika onder die bewind van Barack Obama, en het in omstredenheid verval oor sy seun se aktiwiteite in die Oekraïne.

Onbevestigde berigte lui dat Biden ’n vroeë geneigdheid tot vergeetagtigheid openbaar wat hom by menige Demokrate as ’n ongewenste presidentskandidaat maak.