Virus: Teenmiddel lyk belowend

Koronavirus infeksie by ape is behandel met ’n eksperimentele middel en die diere het binne 12 uur na behandeling ’n aansienlike verbetering in hulle toestand getoon.

 Die Amerikaanse regering sê die eerste toetse het getoon dat die middel effektief is teen infeksie van die koronavirus by ape.

Die koronavirus wat onder wetenskaplikes as SARS-COV-2 bekendstaan, se teenwoordigheid by die diere is met ’n nuut ontwikkelde produk in toetse gebruik met goeie resultate na slegs een behandeling toegedien is.

Die Nasionale Instituut van Gesondheid in Amerika wat die program van eksperimente beheer het, was baie beïndruk met die resultate, maar kenners beweer dat dit nog maande kan duur voor die produk alle toetse deurstaan het en goedgekeur is. Daarna gaan dit nog lank neem voordat die middel in voldoende hoeveelhede aan die meer as 200 lande gestuur kan word.