Virus infeksies verby 1 miljoen

Die wêreldwye infeksies van koronavirus het Donderdagmiddag die 1 miljoen merk verbygegaan en reeds meer as 52,000 mense se dood veroorsaak.

Die pandemie saai verwoesting in Amerika, Italië, Spanje, Duitsland, Frankryk en Brittanje, en dit is duidelik dat daar nog geen sprake is van ’n omdraai punt is nie.

Die foto is geneem in die hoofstad La Paz, Bolivië, waar mans en vroue met beskermde klere en maskers dra terwyl hulle gereed maak om diens te lewer aan pasiënte wat infeksie opgedoen het.

Italië het die grootste aantal sterftes met 13,900, met Spanje in die tweede plek, maar die VSA het by verre die grootste aantal infeksies met sowat 240,000 mense wat behandel word in hospitale.