Virus infeksies styg steeds in SA

Die Suid-Afrikaanse Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het verdere en bykans voorspelbare slegte nuus bekend gemaak.

Donderdag 2 April, om 19h00 het die infeksies getal op 1,462 te staan gekom, en vyf mense het reeds die lewe gelaat weens infeksie van die koronavirus.

Die styging van 82 infeksies sedert Woensdag toon ’n tempo versnelling in nuwe gevalle en ontleders is van mening dat die stygende tendens nou voortgaan soos in elke ander land waar die koronavirus regerings dwing om ’n “af sluiting” te beveel.

Gita Ramjee, ’n HIV navorser van Natal en ’n 79 jarige man van Johannesburg is die laaste twee sterfgevalle wat aangemeld is.