Uit my Kuierkombuis

Ons is halfpad deur die Korona-inperking  en interessant genoeg,  die manne en dames bak en brou vir ‘n vale wanneer jy die sosiale media volg!   Hallogeen oondjies en ander kombuis hulpmiddels wat in sommige gevalle vir jare in die kas gestaan het,  word nou uitgehaal en op die proef gestel!

Ek het vir hierdie plasing, besluit op ‘n eenvoudige resep wat so effens aangepas is …… ook na aanleiding van ‘n resep wat op die sosiale media verskyn het om ‘n dubbele franse broodjie vir ontbyt te maak met gebraaide spek in die middel.

Dubbele Franse braaibrood

4 snye brood

4 geklitste eiers

Sout en peper na smaak

skyfies cheddar kaas (grootte van die sny brood se oppervlakte) **gekoopte broodjiegrootte skyfies kaas kan ook gebruik word)

1 e olyfolie en 1 e botter gesmelt in braaipan

Metode

  1. Klits die eiers   en doop 2 van die snye brood daarin aan weerskante.
  2. Plaas dit in die pan,  plaas die kaas bo-op,  doop die ander 2 snyte brood in die res van die geklitste eiers(ook weerskante)  en plaas dit bo-op die ander 2 snye  brood in die pan.
  3. Braai tot mooi bruin en keer dan versigtig mbv eierspaan om en braai die anderkant ook tot mooi bruin.  ‘n Bietjie ekstra botter/olyfolie kan bygevoeg word in die pan indien nodig.
  4. Skep uit die pan sodra mooi bruin,  strooi bietjie vars of gedroogde pietersielie oor vir garnering …………… en geniet!

Wenke: 

  1.  Saam met die kaas kan dun gesnyde skyfies ui geplaas word of voorafgebraaide speksnippers voordat die tweede sny bo-op geplaas word.
  2. Rond die broodjies tydens opdiening af met ‘n draaitjie heuning en bietjie ekstra gerasperde kaas.
  3. Skyfies tamatie kan daarmee saam bedien word.

‘n Heerlike,  vullende en tog ligte ete vir ontbyt.