Swak Rand laat vrese styg

Die swak vertoning van die Rand teenoor die Amerikaanse dollar het vrese laat ontstaan dat die geldeenheid nie net besig is om drasties in waarde af te gaan nie, maar kan ook die rommel status “bevorder”.

Maandagoggend teen 9h00 het die Rand op R19.18 vir ’n Amerikaanse $1 gestaan, wat die vrees gewek het dat ’n R20 merk baie naby is.

Die Rand se waarde vergelyk uiters swak teenoor die dollar, veral as dit vergelyk word met die R13.90 aan die begin van 2020, en toe was daar ontevredenheid oor die Rand se vertoning.

Die swakker Rand beteken ook dat invoer goedere veel duurder sal wees as ’n die maande gelede, en baie duurder as ’n jaar gelede.

Die ander belangrikste geldeenhede het ook getoon dat die Rand werklik op ’n nuwe laagtepunt is, waarvan die Britse pond nou met R23.44 betaal moet word.