SA se Infeksies styg vinniger

Die infeksies van COVID-19 het verder toegeneem en het Dinsdagoggend op 1,686 gestaan, wat ’n toename van 101 is teenoor die vorige telling.

Die sterftes het met een gestyg tot 12, en die ontledings toon dat mense bo 70 jaar die grootste risiko is om nie t oorleef nie.

Sowat 85% van die sterftes is mense bo 70 jaar, en slegs twee persone onder die ouderdom van 50 jaar het nie oorleef nie.

Gauteng is steeds die provinsie met die grootste aantal infeksies wat tans op 713 staan, met Wes-Kaap se stand van 462 in ’n tweede plek en Natal in die derde plek met 257 infeksies.