SA sal IMF móét nader

Terwyl die ANC regering van president Cyril Ramaphosa probeer om die Internasionale Monitêre Fonds te ignoreer, kom die werklikheid van die ekonomiese stand hard neer op die vreemde ideologie.

Tot hede het die Minister van Finansies rond geval tussen verskeie finansiële instellings soos die Ontwikkelings Bank om finansiële hulp te bekom en het glo ’n akkoord om R19 miljard te leen van die instelling.

Kenners en ekonomiese deskundiges sê dit is nie naastenby genoeg om die koronavirus pandemie se skade reg te stel nie.

Minister Mboweni het later gesê ander instansies sal genader word vir befondsing vir die skade wat herstel moet word met die virus pandemie, maar nie om tekorte by die land se begroting aan te vul nie.

Daaruit word afgelei dat die minister wel ’n aansoek om hulp vir die pandemie krisis by die IMF sal inhandig.