SA Reserwebank verlaag repo koers

Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die ongewone stap geneem om die repo koers met 1% te verlaag tot 4.25% .

Die Reserwebank se monitêre komitee het met sy vervroegde vergadering die onverwagse stap geneem om die massiewe daling van krag te maak.

Goewerneur Lesetja Kganyago het Dinsdag die onverwagse aankondiging gemaak dat nog ’n 100 basis punte se vermindering ingestel word.

Dit is ’n verlaging van 2$ sedert die begin van Maart vanjaar, en dui op ’n ernstige finansiële krisis wat voorlê.

Die prima koers wat dus ook met 1% verlaag word, bring dit op 7,75% te staan, en die Rand wat geskiedkundige lae vlakke bereik het teen ander geldeenhede, is ’n verdere bron van kommer.

Lesetja Kganyago het verlede maand gesê die wêreld se finansiële terugval wat weens die pandemie veroorsaak word, sal nog voorgaan tot aan die middel van 2020, maar kenners reken dit kan selfs langer neem.