SA kry lening by Bankiers

Die Suid-Afrikaanse regering sal binne enkele dae ’n lening kry by die nuwe Ontwikkelings Bank ten einde die koronavirus pandemie te bestry.

Nagenoeg R20 miljard word deur die bank toegestaan wat die totale bedrag beskikbaar nou meer as R26 miljard sal maak.

’n Woordvoerder van die SA Tesourie sê hulle is tans op soek na lenings met ’n relatiewe lae rentekoers, maar kenners reken daar is min kans dat SA sulke lenings sal kry nadat Moody’s ook besluit het om SA af te gradeer na rommelstatus.

Politieke ontleders reken die ANC regering sal ook probeer om by die Brics bankier ’n lening te bekom aangesien hy self ’n lid van die bank is.