SA gaan sukkel met lenings

Die Suid-Afrikaanse ekonomie is op ’n algehele laagtepunt met die pas aangekondigde Moody’s gradering na rommelstatus.

Benewens die gesukkel wat dit meebring om lenings te bekom by die internasionale strukture, is daar ook ’n tweede probleem wat nie oorkom kan word nie.

Diegene wat wel bereid is om lenings aan Suid-Afrika toe te ken, maak van die geleentheid gebruik om hoë rentekoerse te hef vanweë die berekende risiko wat daarmee gepaard gaan.

Ekonome reken dit kan Suid-Afrika op ’n versnelde pas na ’n depressie neem, en die finale uitkoms uit so ’n situasie kan tot drie jaar neem en selfs langer neem.