Reserwebank weier meer banknote

Die SA Reserwe Bank se hoof, Lesetja Kganyago, het geweier dat meer banknote gedruk word om die skuldlas te probeer verlig.

Versoeke is glo ontvang dat meer banknote gedruk moet word ten einde die regering se swaar skuldlas te verlig, maar die versoek is geweier.

Tydens sy toespraak terwyl hy aangekondig het dat die repo koers met 100 basis punte verlaag word, het die Bank se hoof ook daarop gewys dat ’n groot en diep resessie weens die pandemie in Suid-Afrika heers.

Lesetja Kganyago het gesê dit is glo nie nodig dat die Reserwebank die regering moet help nie, en sal bowendien inflasionisties wees en in botsing met die wettige mandaat van die Bank.

Benewens die swak finansiële toestand van die land het die aankondiging deur die Reserwebank dat die repo koers met 100 basis punte verlaag word, die Rand tot sy laagste vlak in jare teen die ander geldeenhede laat daal, terwyl ’n afgradering ’n rommelstatus ook sy invloed laat geld.