Opkomende boere kry hulp

Die Departement van Landbou sal ook vanaf 8 April aansoeke oorweeg van ontwrigte kleinskaal opkomende boere wat finansiële verligting vra weens die koronavirus pandemie.

Die aankondiging volg nadat R1,2 miljard ontvang is in die  sogenaamde rampfonds wat deur Ramaphosa aangekondig is, en glo bedoel is om klein opkomende boere te help.

Thoko Didiza, die Landboudepartement se minister, het besonderhede vrygestel van hoe die fonds aangewend sal word.

Tydens ’n inligtingsessie aan die media het sy gesê dat R400 miljoen is uit die R1,2 miljard toegeken aan boere van die Proactive Land Acquisition Strategy program en die balans sal aan alle ander boere beskikbaar gestel word.