Olieprys val verder in SA

Te midde van ’n uiters swak Rand, het die Suid-Afrikaanse prys van olie tot sy laagste vlak in baie jare gedaal toe dit gister op $18 te staan gekom het. Dit is ’n verdere daling van sowat 9% teenoor die vorige dag, en kan tot groot voordeel aangewend word as die land ekonomies sterk genoeg was.

Kenners wys daarop dat die regering van die geleentheid kon gebruik maak om baie olie op te gaar teen ’n belaglike lae prys, maar die land is reeds in rommelstatus en kan nie sulke luukshede bekostig nie.

Gedurende die boikot jare het Suid-Afrika miljarde rand se olie opgegaar in ou myne, maar dit het die ANC regering dit, soos met alle ander besparings, dit opgebruik sonder om aan die volgende dag te dink, word gesê.