Nog groot skenking steen virus

Die media-reus Naspers het aangekondig dat die maatskappy R1,5 miljard sal skenk ter bestryding van die koronavirus in die land.

Die Naspers groep sal ’n R500 miljoen skenk ter verstewiging van die regering se Solidariteit Fonds wat deur Cyril Ramaphosa aangekondig is.

Die balans van R1 miljard mag aangewend word om beskermde toerusting en ander mediese voorraad aan te koop van Sjina ter versterking van die veiligheid van werkers in die gesondheidsdienste.

Volgens Sjinese verskaffers sal die beskermde toerusting so gou moontlik na SA gestuur word om werkers te beveilig.

Naspers, met sy markwaarde van meer as R1,1 triljoen, is ook een van die wereld se grootse beleggers in die tegnologiese wêreld en tel onder die 10 grootstes.

Intussen het Mary Oppenheimer, die suster van Nikki ook ’n bedrag van R1 miljard geskenk.