Myne staar permanente skade in gesig

Die Minerale Raad van SA het beklemtoon hoe belangrik dit is dat die mynbedryf sy werksaamhede moet hervat op 17 April om enige permanente skade in die bedryf te voorkom.

Die Raad sê dit is ewe belangrik dat al die protokol elemente in plek moet wees om te verhoed dat die koronavirus versprei.

Die mynwese wys daarop dat die 21 dae inperking die bedryf reeds meer as R7 miljard kos aan verlore produksie en volle betaling van salarisse.

Met SA se toetrede in die tweede helfte van die inperkings tydperk, is dit nog te vroeg om te sê hoe suksesvol die drie weke van afsluiting sal wees.

Suid-Afrikaners is Dinsdag reeds in die 12 de dag van die aangekondigde 21 dae van afsondering, maar verskeie waarnemers is van mening dat ’n langer tyd nodig sal wees om ’n algehele ommekeer te verseker.