Massa toetse teen infeksie

Die regering het nuwe maatreëls aangekondig ter bestryding van die COVID-19 pandemie deur ’n massa veldtog te begin met die toetsing van mense.

Die president het daarop uitgebrei en gesê dat mense met simptome word verwys na klinieke of in sekere gevalle na mobile klinieke waar hulle getoets sal word.

Mense met infeksie wat nie ernstige simptome het nie, sal in hulle huise in isolasie gehou word soos deur die regering beskikbaar gestel mag word.

Pasiënte met ernstige simptome sal egter na hospitale oorgeplaas word vir verdere behandeling.

Hy het ook gesê die gebruik van mobiele tegnologie en ’n besondere opsporing sisteem word ook ontplooi.

Die regering beplan ook ’n massa toets stelsel wat kan beteken dat daar in sekere gebiede van huis tot huis beweeg gaan word, maar kenners reken dit geld nie in blanke woongebiede waar heinings en veiligheidsmaatreëls teen diewe en rowers sodanig is dat toegang nie moontlik is nie.