Koronavirus: Swede skrik wakker

Swede is waarskynlik die enigste Europese land wat nie die land onderwerp het aan ’n vorm van inperking weens die koronavirus pandemie nie.

Die regering het egter nou beveel dat ’n vorm van noodmaatreëls ingestel word om die huidige situasie te verander.

Die Sweedse regering soek nou groter politieke mag om ’n afsluiting toe te pas wat ook sterker inperkings sal meebring.

Die Sweedse regering se nuwe benadering volg nadat al meer Europese lande met streng inperkings begin het terwyl Swede dit uiters onverskillig benader het weens die samestellings van die koalisie regering.

Opposisiepartye het geëis dat hulle toegelaat word om eers die regering se voorgenome maatreëls na te gaan voor dit implementeer word, en die regering vestig nou sy hoop daarop dat sy maatreëls goedgekeur sal word.