Jammer oor die onderbreking

Die eienaars en redaksie van Die Vryburger bied hiermee sy verskoning aan ons lesers vir die onderbreking wat oor twee dae geduur het.

Die hedendaagse tegnologie laat ’n mens soms verstom staan oor waartoe dit in staat is, selfs wanneer die geduld tot die uiterste beproef word wanneer ’n diensverskaffer nie bevredigende diens lewer nie.

Die tegnologie het darem weer sy volwaardige plek ingeneem om Die Vryburger leesbaar te hou, en wil ons u verseker dat alles moontlik gedoen word om sulke onderbrekings in die toekoms te voorkom.