Inperking kan verleng word

Die inperking maatreëls sal waarskynlik verleng word in die lig van die steeds stygende tendens van infeksie gevalle terwyl die sterftes nou op 13 gestel word.

Woensdag het die regering bekend gemaak dat die infeksies gestyg het tot 1,749, wat toon dat daar nog geen omdraai punt bereik is nie.

Die ANC se Minister van Gesondheid, Zweli Mkhize, het daarop gewys dat die regering ernstig kyk na die situasie, en alhoewel dit nog te vroeg is om ’n besluit te neem, sal dit binnekort aangekondig word wat na 16 April gaan gebeur. 

Intussen is verneem dat die Minister van Kommunikasie,  Stella Ndabeni-Abraham,

voor president Ramaphosa verskyn het weens haar oortreding van die inperkings bevele toe sy saam met ander ’n partytjie gehou het. Sy is beboet met twee maande straf en een maand sonder salaris.