Inperking kan maande duur

Kenners is van mening dat die inperking maatreëls nog maande kan duur om te verseker dat die verspreiding van infeksie gekeer kan word.

Die styging in gevalle was vir Saterdag op 80 nuwe infeksies gestel, wat ’n aanduiding is dat ’n stygende tendens besig is om net soos in ander lande, te vergroot.

Die drie weke wat tans van toepassing is, sal beslis nie voldoende wees om ’n ommekeer te bewerkstellig nie, en daarom sal een of ander vorm van inperking nog vir ’n onbepaalde tyd moet geld.

Finansiële deskundiges wys daarop dat so ’n verlengde inperking nie so streng kan wees as wat tans die geval is nie, want Suid-Afrika kan dit nie bekostig noudat hy afgradeer is na rommelstatus nie.

Meningsvormers reken ’n program moet uitgewerk word wat die arbeidsmag sal toelaat om terug te keer na die werkplek, met die vereiste dat elke werker daagliks getoets word, maar of dit bekostigbaar sal wees vir sakeondernemings, bly ’n onbeantwoorde aspek.

Die vereiste sal ook wees dat nie-werkende mense van die bevolking behoort nog onder dieselfde streng maatreëls onderwerp te word, is gesê.