Infeksies en sterftes styg

Die infeksies het met 96 gestyg tot 1,845 en met vyf meer sterftes tot ’n totaal van 18, is dit onwaarskynlik dat Suid-Afrika op 17 April ’n normale posisie gaan bereik.

Alhoewel daar streng maatreëls aangekondig is, is dit kommerwekkend dat die infeksies met al groter getalle toeneem.

Sterftes toon ook dat enkele persone onder die ouderdom van 70 die stryd teen die koronavirus verloor het, en dat meer as 90% van sterftes persone is bokant 70 jaar.

Die jongste syfer van vyf sterftes is die grootste sedert die land geteister is met ’n eerste geval van die koronavirus.

Kenners reken dit raak ook al hoe meer onwaarskynlik dat die inperkings gaan eindig op 16 April, aangesien daar nog geen moontlikheid is dat ’n omdraai situasie bereik sal word voor die datum nie.