Haweloses word maatskaplike en sekuriteits probleem

Die regering se maatreëls om haweloses te “herberg” is besig om ’n groot probleem te veroorsaak.  In Strandfontein in die Kaap is die koste om die mense te voed R 23 miljoen per maand.  Dit sluit die inrigting en instandhouding van die perseel uit.  ‘n Verkragting van ‘n minderjarige het reeds alhier plaasgevind.  In Verwoedburg is daar op die sportgronde in Lyttleton Manor huisvesting geriewe opgerig vir sluipslapers en sg. werkloses.  Die polisie is 24-uur per dag op diens om te sorg dat die “inwoners” nie die perseel moet verlaat nie,  aangesien daar elemente is wat net kos soek en nie ingeperk wil wees nie.  Die huidige toestande is gunstig vir misdadige elemente om toe te slaan op skole en plekke waar die polisie tans nie diens kan verrig nie.

In die Wes-Kaap is die proses aan die gang om 10 000 inwoners van die Kosovo en Dunoon gebiede te verskuif na tydelike gebiede.  Die koste van die verskuiwing en inrigting van die persele is nog nie bereken nie.  Die groot probleem gaan egter kom wanneer die virus pandemie verby is. Hoe gaan die haweloses dan hanteer word?  Weer terug op die strate?  Indien hul weier om die gebiede te verlaat,  wat dan?  Gebiede waarheen die mense tans verskuif word is aangrensend en in sg. Blanke gebiede wat die sekuriteits probleem verskuif na Jan Publiek en sy gesin. Moeilikheid lê voor die deur.

Jan Doringdraad