Entstof: Wetenskaplikes koorsagtig besig

Minstens drie navorsingspanne maak gereed om hulle produk te begin toets om die pandemie hok te slaan, terwyl meer as 70 ander spanne ook besig is met navorsing om antwoorde te vind teen die koronavirus.

Alhoewel die Wêreld Gesondheid Organisasie (WGO) saamwerk met vennote om die ontwikkeling en verspreiding van entstof te bespoedig, is dit wetenskaplikes wat onverpoos werk met die doel om menselewens gespaar te kry.

Die drie maatskappye wat reeds met toetse begin het, bied ’n sprankie hoop aan die wereld se bevolking, maar die kliniese toetse is nog vêr van afgehandel.

Intussen is meer as 70 ander instansies ook besig met die ontwikkelings van entstof, maar dit kan nog maande duur voordat die finale antwoord gevind is.

Meer as 90 lande het hulle samewerking gebied om die “Solidariteit Toetse” te steun, en meer as 900 pasiënte het reeds beskikbaar geraak om die produk te laat evalueer oor die effektiwiteit en veiligheid van besondere entstowwe.