Eerste infeksie in Alexandra

Die Departement van Gesondheid het aangekondig dat die eerste koronavirus infeksie nou in die Alexandra woongebied langs Johannesburg gevind is.

Dit is die tweede swart woongebied wat ’n eerste infeksie geval aangemeld het, en kommer bestaan onder ANC politici dat dit kan lei tot ’n chaotiese toestand.

Die aankondiging kom enkele ure nadat dit bekend geword het dat die eerste infeksie geval in die digbewoonde Khayelitsha, aangemeld is.

Aanvanklik het die Departement ontken dat ’n infeksie geval in Alexandra aangemeld is, maar het later gistermiddag bevestig dat daar wel ’n geval aangemeld is.

Alexandra is een van die woongebied waar inwoners tot hede geglo het die virus tas nie swartmense aan nie, en daarom is dit nie nodig om te voldoen aan die inperking regulasies nie.