Die resessie gaan vererger

Finansiële deskundiges reken die huidige resessie wa reeds in Desember 2019 ondervind is, nou sy wurggreep verder verstewig op di Suid-Afrikaanse ekonomie.

Die afgradering deur Moody’s Graderings Agentskap na rommelstatus

Het sakevertroue verder laat kwyn, en die swakker Rand teenoor ander geldeenhede het die kersie op die bankrotskap koek gesit.

Daarna het die koronavirus pandemie die kaarte so deurmekaar gekrap dat die SA Reserwebank geforseer is om ’n derde keer binne drie maande aan te kondig dat hy die repo koers verlaag.

Met ’n vooruitskouing dat die groeikoers verder gaan verswak, is nog ’n spyker wat ingekap word, veral met die voorspelling dat die land se groeikoers met soveel as 6% kan daal.

Dit kan beteken dat die moontlikheid nie uitgesluit is dat SA ’n depressie binnegaan nie, en die bewering dat die land ’n groot groei gaan ondervind na die virus pandemie beëindig is, word deur kenners as wensdenkery bestempel.