Britse Arbeidersparty kies nuwe leier

Keir Starmer

Keir Starmer is Saterdag deur die Britse Arbeidersparty verkies tot nuwe leier in plek van Jeremy Corbyn wat allerweë beskou word as die party se swakste leier ooit.

Starmer het na sy verkiesing gesê ’n einde moet gebring word aan die jare van bittere binnegevegte en veel eerder moet met die regerende party saamgewerk word om die virus pandemie te oorbrug.

Hy het die verkiesing as nuwe leier gewen met 56% van die stemme ten gunste van sy kandidatuur, en Angela Rayner is as sy adjunk leier verkies.

Die vorige leier, Jeremy Corbyn se leierskap het finaal tot ’n einde gekom nadat sy party as die amptelike opposisie swakker gevaar het in die algemene verkiesing as wat die party in die afgelope 60 jaar vertoon het.

Die nuwe leier het ook aangedui dat die party sal wegbeweeg van die huidige sosialistiese benadering.