Banke bied lenings aan sakelui

Die regering het R200 miljard bewillig uit die Koronavirus Fonds van R500 miljard om bankiers te help om lenings aan sakelui in sekere kategorië te help.

Banke kan glo nou reeds kommersiële Covid-19 lenings toestaan wat deur die regering ondersteun word, met ’n maksimum wat beskikbaar gestel word van R299 miljard.

Die Tesourie het nou ’n breë raamwerk geskets van hoe die skema sal werk, en sakeondernemings wat tot R300 miljoen realiseer, kan lenings kry waarvan die eerste ses maande geen terugbetalings gemaak hoef word nie, en daarna nog 5 jaar terugbetaal tyd kry.