ANC beleid word kopseer

Die toestroming van plakkers na stede en dorpe wat deur die ANC georkestreer was sedert 1994 is besig om ʼn kopseer te word vir die regering.  Sedert 1994 is uitlanders vanuit Afrika toegelaat om die land binne te stroom. Plaaslike werkloses is toegelaat om in en om stede en dorpe plakkershutte op te rig. Die doel agter dit alles was om stemvee te kry vir verkiesings, veral waar die ANC stemme gekort het. 

Hierdie plakkerskampe het ontplof in omvang sonder dat die nodige infrastruktuur daargestel is. Dienste soos sanitasie, elektrisiteits aansluitings, water voorsiening en stormwater stelsels is nooit nie voorsien nie. 

Dit het daartoe gelei dat al hierdie plekke ʼn bron van misdaad en dwelmhandel geword het. Nou met die Koronavirus bestaan die vrese dat hierdie plakkerskampe die teelaarde gaan word waar die virus gaan versprei en moeilik beheer gaan word. 

Dit het die regering nou tot die punt gebring waar daar plekke gevind moet word waarheen hierdie mense verplaas moet word. Hoe duisende mense uit ʼn plek soos  bv. Khayelitsha  “verplaas” gaan word na ʼn “veiliger” plek is duister.  Intussen is “huisloses” in die Kaap na die Strandfontein sportgronde geneem.  Inwoners vra hoe die mense vorentoe van die perseel verwyder gaan word, indien ooit.  Hoe wet en orde en misdaad bekamping in hierdie “kampe” beheer gaan word is ʼn verdere knelpunt.

Pieter Smith