Al weer Kubaanse dokters

Die ANC regering het weer hull gewend tot Kuba en van die kommunisties eiland ’n aantal dokters “ingevoer” om behulpsaam te wees met die bestryding van die koronavirus pandemie.

Die goeie diplomatieke verhouding wat die ANC-SAKP regering met die kommunistiese regering van Kuba handhaaf, het tot gevolg dat ’n vergadering met die Kubaanse ambassadeur in Suid-Afrika gehou is.

Benewens die dokters sal ’n aantal mediese studente van Kuba ook ingevoer word wat glo reeds gegradueer het deur middel van die Mandela-Fidel Castro Cooperative Program.

Volgens berigte is meer as 200 van die eiland se dokters in Suid-Afrika en werksaam in klinieke en hospitale.

Die regering verwag dat die getal sal groei in die komende maande, en die Wes-Kaap is die enigste provinsie wat die dokters uit Kuba geweier het.

Daar bestaan ernstige bedenkinge oor die bekwaamheid van die Kubane, en die Vrystaat wat etlike jare gelede Kubaanse dokters ingevoer het “om die provinsie se hospitale reg te ruk”, het klaarblyklik nie in hulle doel geslaag nie, want die hospitale staan steeds onder verdenking wat diens betref.