Zuma ondersteuners teiken Ramaphosa

Vennote en ondersteuners van die ANC se vorige president, Jacob Zuma, het nou hande gevat in ’n grootse poging om die ANC se huidige president te oorwin in Julie vanjaar.

Die oorwinning word beplan vir die ANC se Nasionale Algemene Raad se sitting wat later vanjaar gehou sal word.

Alhoewel die vergadering bedoel is om die implementering van resolusies is wat geneem is tydens die 2017 verkiesings konferensie, sal ’n hewige aanslag glo uitgevoer teen Cyril Ramaphosa.

Die Zuma-faksie wil glo so ’n geweldige aanval uitvoer dat dit kan lei tot die afsetting van Ramaphosa as leier van die ANC aangesien hy nie uitvoering gegee het aan die Nasrec besluite nie.

Een van die mees kontroversionele besluite wat aanvaar is, was die nasionalisering van die Suid-Afrikaanse Reserwebank wat deur ekonome verdoem is as ’n uitermatige onverstandige plan.