Wetenskaplikes wil spoedig entstof ontwikkel

Die wêreldbekende Amerikaanse Pfizer maatskappy het met die Duitse maatskappy, BioNTech, ’n ooreenkoms aangegaan om hulle medikasie ontwikkelings platform te gebruik om ’n entstof te ontwikkel vir die COVID-10 wat tans die wereld besoedel.

Die ooreenkoms kom kort nadat President Donald Trump gevra het dat ’n entstof ontwikkel moet word wat eksklusief vir die VSA beskikbaar moet wees teen die virus.

Pfizer Laboratoriums en BioNTech sal dadelik begin met ’n gesamentlike proses om ’n potensiële entstof te vervaardig en beide maatskappye het ’n ooreenkoms onderteken vir die verspreiding van die entstof buite Sjina.

Die toets van die middel sal reeds op pasiënte gedoen kan word teen die einde van April sodat die geregistreerde entstof so gou moontlik aan die wereld se pasiënte beskikbaar gestel kan word.