Wees paraat en versigtig by padblokkade

Skurke is deesdae baie vindingryk, en mense word gedurig met nuwe slenters gevang wat uitloop op ’n rooftog of selfs ’n moord.

Met die inperkings weens die koronavirus pandemie, kan mense weereens gekul word wanneer onskuldige mense per motor onderweg is na ’n apteek of kruidenierswinkel om inkopies van lewens noodsaaklike goedere te kry.

Padblokkades is een so ’n moontlikheid, wat soms in ’n straat gehou word, en die onskuldige motoris word gevra om uit sy voertuig te klim vir redes wat onduidelik is.

Of ’n werklike padblokkade deur veiligheidsmagte kan ewe gevaarlik wees as die motoris bevel word om te sê waarheen hy oppad is, maar in so ’n geval kan die motoris eis dat die beampte minstens twee meter weg van die voertuig staan en praat, al beskik hy oor ’n gesigmasker.

Om uit die voertuig te klim, is nie aan te beveel nie, en moet nie die ruit afdraai om te kommunikeer met die beampte voordat hy nie ten minste twee meter wegstaan van die voertuig nie.

Die voorbeeld op die foto is met die virus in die lug, nou nie aanvaarbaar nie en motoriste word aangeraai om die beampte te beduie om weg te staan van die voertuig voordat die venster afgedraai sal word.

Sorg ook dat die voertuig luier terwyl dit baie seker gemaak moet word dat die deure gesluit bly.