Waar staan SA met beurtkrag

Terwyl die inwoners van Suid-Afrika van vandag af onderwerp is aan ’n noodsaaklike inperking weens die pes wat in die donker sluip, bestaan daar kommer dat Eskom ook nog met beurtkrag kan begin.

Ingeligte bronne wys daarop dat alhoewel Eskom werkers nie soos die grootste deel van die bevolking, tuis moet bly nie omdat hulle ’n noodsaaklike diens verrig, die moontlikheid van beurtkrag nie uitgesluit is gedurende die volgende drie weke nie.

Kenners wys daarop dat die sluiting van honderde sakeondernemings en baie nywerhede, die aanvraag na elektrisiteit sodanig afgeneem het dat beurtkrag nie ingestel behoort te word nie.

Die vrees is uitgespreek dat beurtkrag weer hervat sal word na afloop van die inperkings tydperk, en dat Suid-Afrika dan weer Fase 4 kan beleef indien Eskom nie van die huidige tydperk gebruik maak om sy swak installasies op standaard te bring nie.

Eskom se ongeloofwaardige verklaring dat beurtkrag nie voorsien word nie, maar dat die stelsel onder groot druk verkeer, is iets wat net hulle glo, want SA het moeg geword vir die kragvoorsiener se fop-inligting.