VSA straf Afghanistan

Mike Pompeo

Die Amerikaanse Minister van Buitelandse Sake, Mike Pompeo, het in ’n verklaring gesê hy kon nie daarin slaag om die regeerders in Kaboel, Afghanistan oortuig om ’n magsdeling regering te vorm nie.

Volgens die minister is dit ’n stap wat tot nadeel van Amerika strek, en daarom word die finansiële hulp aan die Midde-Oosterse land met $1 miljard verminder.

Die hulpverlening wat nou ingekort word, sal die oorloggeteisterde staat ’n verdere knou toedien, en politieke ontleders sê die regeerders is uiters onverantwoordelik om die Amerikaanse aanbeveling te weier.

Die mening is uitgespreek dat ’n magsdeling regering tot groter eenheid onder die bevolking sal lei, en sal die land se belange beter gedien kon word.

Die regeerders weier om ’n magsdeling regering met die Taliban aan te gaan soos wat die VSA gehoop het moontlik sal wees om uiteindelike vrede in die land te bewerkstellig.