Volkswagen maak virus deurbraak

Volkswagen het in ’n verklaring bekend gemaak dat die motorvervaardiger ’n span werkers saamgebind het om te kyk na die produksie moontlikheid om mediese toerusting te vervaardig wat die koronavirus kan bestry.

Die vervaardiger het reeds stappe gedoen om sy eie werkers te beskem met die produseer van gesigsmaskers.

Die Duitse vervaardiger het egter Vrydag aangekondig dat hy ’n bydrae wil lewer met die jongste poging waar hy met 3D drukkers begin het met produksie van hospitaal ventilators om die stryd teen koronavirus te help.

 Voertuigvervaardigers regoor die wêreld is deur politici versoek om behulpsaam te wees met die vervaardiging van toerusting wat sal help om die verspreiding van die virus teen te staan of met toerusting om pasiënte te ondersteun met bepaalde toerusting.

Volkswagen het ’n taakspan saamgestel wat moes bepaal hoe ’n 3D drukker aangewend kan word om die mediese wêreld te ondersteun, en het daarin geslaag om die vervaardiging van ventilators wat in hospitale gebruik word, te produseer met ’n 3D drukker.

Volkswagen het tans 125 van die 3D drukkers en is in noue samewerking met die Duitse regering en ander gesaghebbendes in ’n poging om behulpsaam te wees met die bestryding van koronavirus.,